ALGEMENE INLIGTING
Kom word deel van ons Krantzkloof familie, almal is welkom!
EREDIENSTEElke Sondagoggend 8:30.
Lofprysing begin reeds 8:20. Kinderkerk Vind elke Sondag plaas behalwe tydens skoolvakansies en lang naweke. SELGROEPE
Alle lidmate wat by ‘n selgroep wil inskakel, moet asseblief vir Frans Budding of die kerkkantoor kontak. Daar is ook maandelikse selgroepe wat elke vierde Woensdag van die maand byeenkom.
GEBED
Vorm ‘n integrale deel van die gemeente. Daar is ‘n whatsapp gebedsgroep. Elke eerste Sondag van die maand voor die erediens om 08h00 is daar ’n gebedsgeleentheid om die gemeente op te dra.
DOOP
Geskied op die eerste Sondag van die maand. Doopouers moet asseblief drie maande voor die doop ‘n inligtingstuk en vorm by die kerkkantoor afhaal of aflaai (sien admin vorms) waarna die leraars gekontak moet word om ‘n afspraak te reёl vir ‘n gesprek.
STERFGEVALLE
Stel die leraars en streekleier dadelik in kennis en haal ‘n inligtingstuk af by die kerkkantoor (of laai af) om jou te help met die reëlings.
|
NUWE INTREKKERS
Ons wil julle graag persoonlik ontmoet na afloop van die erediens en ’n koppie tee of koffie saam geniet. Hier by ons kan jy lekker inskakel: of jy nou jonk, middeljarig of al afgetree is, daar is aktiwiteite en bedieninge vir almal. Meld net aan in die voorportaal na die diens of kontak die kerkkantoor.
BYDRAES
Bydraes word nie maandeliks by huise gekollekteer nie. Koeverte vir maandelikse bydraes is in die voorportaal beskikbaar asook ‘n kaartfasiliteit wat na afloop van die diens by Kleinkrantz beskikbaar is. Die maklikste is om ‘n aftrekorder by jou bank te reël.
HUWELIKE
Voornemende huwelikspare moet asseblief drie maande voor die huweliksdatum die leraars kontak om die datum vas te stel en ‘n inligtingstuk af te haal.
HUUR VAN GEBOUE
Vir Kerkfunksies is daar geen kostes nie maar die volgende vorm kan hier afgelaai word en moet na die kerkkantoor teruggestuur word. Vir privaat funksies se kostes moet die kerkkantoor gekontak word en dieselfde vorm ingevul word.
HOSPITALISASIE EN SIEKTE
Stel die kerkkantoor, leraars of streekleier asseblief dadelik in kennis.
|