NG Kerk Krantzkloof
  • Tuisblad
  • Oor ons
  • Inligting
  • Bediening
  • Sending
  • Audio Preke
  • Kontak

SEDERT 1984

ONS GEMEENTE

Ons is die enigste NG Kerk bo die Fieldshill area. Ons sien onsself as ‘n dinamiese en pasaangewende gemeente in een van die mooiste dele van Durban. Krantzkloof is ‘n groeiende gemeente met jong en ouer lidmate en ‘n plek waar ons met deernis na mekaar omsien.

Die gemeente is geleë in die pragtige, boomryke voorstad Gillitts net verby Kloof. Die hoogte bo seespieël veroorsaak dat die temperatuur ±2° koeler as Pinetown en 4° koeler as Durban is. Die gemeentegrense strek vanaf die middel van Field's Hill, dan Kloof, Hillcrest, Winston Park, Gillitts, Waterfall, Forest Hills, Crestholme, Crestview, Everton, Shongweni, Assagay, Botha’s Hill, Drummond. As u in een van hierdie woongebiede woon, woon u binne die grense van ons gemeente en is u baie, baie welkom. Ons kerk is egter oop vir enigiemand wat belangstel en sou jy buite hierdie grense woon is jy baie welkom.
KONTAK ONS
Picture

Dr. Barry Tolmay

Leraar
082 411 0626 / 031 262 7799
bjt2012@yahoo.co.uk
Picture

Ds. Jan Viljoen

Leraar
079 693 4827
jhviljoen1@gmail.com

KORT GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE

Die gemeente het op 29 Januarie 1984 afgestig van die gemeente Pinetown, met 261 belydende lidmate en 137 dooplidmate. Die naam Krantzkloof is ontleen aan die oorspronklike naam wat die Voortrekkers aan die gebied gegee het tydens hulle trek na Port Natal (Durban). Die eerste leraar, Ds. Bernard Mostert (1984-1988), is vanaf Pinetown beroep. Nadat die eredienste aanvanklik in die Hillcrest Biblioteeksaal gehou is, is die kerkgebou op Sondag 17 November 1985 ingewy. Die tweede leraar was Ds. Hennie Vorster (1988-1998). Op 25 April 1999 is die derde leraar, Ds. Johan Wildenboer bevestig en op 28 Januarie 2007 is Dr. Barry Tolmay bevestig as tentmaker. Vanaf 2011 is Dr. Barry Tolmay voltydse leraar nadat Ds Wildenboer afgetree het op 13 Maart 2011. Proponent Jan Viljoen word deeltyds aangestel begin 2012 en beroep tot voltydse predikant in Oktober 2012.

GEMEENTE

Die gemeente bestaan tans uit meer as ‘n 1000 belydende lidmate en dooplidmate. Dit is nie ‘n stadsgemeente nie en die omgewing se uitgestrektheid, boomrykheid, kleinhoewes, plase en winkelkomplekse gee dit ‘n landelike atmosfeer. Tans is dit egter aan die verander en talle uitbreidings, meenthuiskomplekse en winkelsentrums, in verskillende stadiums van beplanning en vcltooiing, is volstoom aan die gang. Die gemeente is vriendelik, toegewyd, gee om vir mekaar en is vol entoesiasme en idees. Na die oggenddiens word gesellig saam tee gedrink en daar word by verskeie geleenthede saam gekuier en gebraai op die kerkterrein.

LERAARS

Dr. Barry Tolmay - voltydse leraar van gemeente: Dr. Barry Tolmay voltooi sy studies aan die Universiteit van Pretoria in 1994. Hy behaal die DD aan die Universiteit van Pretoria en doen post-doktorale navorsing in Europa (1997) en studeer by die Naskoolse Bestuurskool (US). Hy was leraar van NG Lyttelton (Centurion) van 1991-2001. Vanaf 2001-2004 was hy ‘n sakeman in Londen en totdat Krantzkloof Gemeente hom as voltydse leraar beroep het, het hy landswyd as sakeman vanuit die Hoofweg-omgewing gewerk. Hy studeer steeds, lees baie teologiese en prakties-teologiese werk en bied gereeld kursusse aan. Hy is getroud met Alida, wat haar B.Com. Bemarking aan Universiteit van Pretoria behaal het en tans as ‘n projekleier in Mediese Navorsing werk. Hulle het twee kinders nl. Megan en Merize wat beide tans studente is.
Ons wil die lig van Jesus Christus weerkaats binne en buite die gemeente sodat almal binne die gemeente in ‘n verhouding met Hom moet begin leef en almal buite die gemeente met wie ons te doen kry, blootgestel moet word aan die lig wat mense verlig.

STREEKSINDELING

bediening
Picture
STREEK I
Lorette Jacobs

Leier
082 338 7836
• Waterfall • Forrest Hills
​• Crestholme
Picture
STREEK II
Frans Budding

Leier

084 444 4349
• Hillcrest • Winstonpark
• Botha’s Hill • Assegaai
• Hammersdale • Nchanga
Picture
STREEK III
​Andre Grobler

Leier

082 561 5349
• Kloof • Gillitts • Everton
Picture
STREEK IV
Johan van Heerden

Leier

082 608 1149
• Pinetown • Westville
​• Oueensburgh

KONTAK BESONDERHEDE

Kantoorure:  Maandag / Woensdag / Vrydag - 08:30 - 12:30
Telefoon:  031 767 3072
E-pos:  krantzkloof@telkomsa.net
Adres:  17 Longwoodweg, Kloof, Durban, 3610
Posbus:  Posbus 387, Gillitts, 3603
Faks:  086 514 1434

BANK BESONDERHEDE

NG Kerk Krantzkloof
Absa Bank
Rekening: 119 058 0292
Takkode: 632 005
Tak: Pinetown

FIND ONS


Copyright © 2019 NG Kerk Krantzkloof  | All Rights Reserved
Site powered by The Green Forest Studio
  • Tuisblad
  • Oor ons
  • Inligting
  • Bediening
  • Sending
  • Audio Preke
  • Kontak